Donderdag 26 Junie 2014

My keuse om 'n onderwyser te word...

Ek was ingeskryf vir my BEd graad by Stellenbosch Universiteit, maar ek was nie seker dit is wat ek wou doen nie. Ek wou meer seker wees... Ek het gewag vir 'n teken.

Eendag, toe ry ek en my familie en die storie van die Chinese Bamboo word op die radio vertel. Die saadjie word geplant en vir vier jaar lank moet jy dit elke dag versorg en water gee. En niks gebeur nie. Dan in die vyfde jaar gebeur alles waarvoor jy gewag het. Die boom groei 30m hoog in ses weke. Maar dan vra mense die vraag. Hoe lank het dit die boom geneem om te groei? Ses weke of vyf jaar? Die antwoord is 5 jaar. As jy op enige stadium sou ophou om die saadjie te versorg, sou die boom doodgaan. In die vyf jaar wat jy geduldig gewag het, was die boom besig om sy wortels diep te begrawe om die boom sterk te anker.

Dit was wat op my gewag het. Vier jaar se studies waar my fondasie vir die onderwys gelê wou word. In my vyfde jaar wanneer ek die onderwys betree sal ek uitskiet soos die chinese bamboes en my volle potensiaal bereik. Ek het weer hoop gekry vir my toekoms en wat om my wag.

Asof dit nie genoem van 'n teken was nie, begin ek toe onderwys studeer en op ons eerste dag vertel een van die dosente vir ons die storie van die chinese bamboes.... En daar sit ek, presies wat ek moet wees. Ek voltooi nou my laaste jaar van my BEd graad. Ek kan nie wag vir die avonture wat volgende jaar op my wag nie. Ek sien uit na die toekoms.