Donderdag 31 Julie 2014

My Nuwe Beste Maatjie

Hierdie week wil ek vir julle vertel van hierdie ongelooflike persoon wat ek gevind het. Sy deel alles wat sy het, van lesplanne, websites, apps, en vele meer. Gaan kyk vir jouself. Ek glo elkeen sal iets vind wat hul kan gebruik.



Gaan kyk wat sy deel op Scoop It....ongelooflik!!!


"Happy hunting" ... verskoon my engels!

Dinsdag 15 Julie 2014

Die Keuse Om Te Deel

Ek het die voorreg gehad om ‘n paar wonderlike mense te ontmoet tydens ‘n kursus oor Digital Literacy. Elk van hul het ook nou ‘n blog. Vir die wat skool gee in die Intermediêre en Senior fase, gaan kyk gerus na die volgende App vir jou Engelse klas. Jy kan dit gebruik vir English Home Language of English First Additional Language.


English Grammar Study Book

Created by: Springz    Updated: June 27, 2014               Size: 3.3M  Requires Android: 2.3.3 and up

‘n Handboek op jou selfoon/tablet. Die app sluit die volgende afdelings in: Parts of speech; English Grammar; English Tenses; Spoken English; Letter Writing; English Phonetics; Choice Question Practice; Choice Questions Test; Fill Up Practice; Fill Up Test.
Afdelings soos die briewe gedeelde het verduidelikings en voorbeelde van verskillende briewe waarna leerders kan kyk. Indien leerders ‘n toets gedoen het, kan hul hul resulte dadelik kyk en ook die toets laat analiseer om te sien presies waar hul foute gemaak het.

Die app dek die volgende taal aspekte met gedetailleerde verduidelikings en voorbeelde:
Active Or Passive Voice
Adjectives
Articles
Auxiliary Verbs
Common Mistakes
Conditionals
Determiners
Distributives
Gerund And Present Participles
Idioms
Infinitives
Parts Of Speech
Phrases
Quantifiers
Question Tags
Relative Clauses
Reported Speech
Synonyms and Antonyms
Tenses
Type of sentence
Use of Wish
Capitalization
Degree Of Comparison
Gender
Had better
Homonyms
Independent and Dependent Clauses
Number
Order of Adjectives
Plurals
Possessive
Punctuation Rules
Subjects, Verbs and Objects
The imperative
To Get
Use of Had better
Use Of Little, A Little, Few, A Few.....
Use of Shall
Use of Should
Used to
Vocabulary
Practice Questions include:
Adjectives.
Adverbs.
Appropriate Order.
Articles.
Collective Noun.
Correct Form of Nouns.
Correct Words.
General Questions.
Gerunds.
Homophones.
Idioms.
If And Unless.
Interjection.
Nouns to Verb.
Participles.
Phrasal Verbs.
Plural Forms.
Prefix.
Preposition.
Pronouns.
Reported speech.
Tenses (4 different sections)
Verb

Motivering vir graad
Hierdie app dek ‘n baie groot verskeidenheid van die engelse kurrikulum. As ek ‘n voorstel oor die graad gebruik moet maak, sou ek dit oor verskillende grade gebruik. Bv. Indien graad 6 nog nie leer van engelse idiome, maar eers in graad ,7 dan los hul net daardie gedeelte van die app tot hul in graad 7 kom en leer daarvan. My graad keuse vir hierdie app is Graad 7-9. Dit kan egter vir jonger grade gebruik word indien dit English Home Language is. Die rede vir die verskil is die toetse. Die sinne is ‘n bietjie moeilik vir tweede taal sprekers, daarom die ouer grade. Die verduidelikings kan regdeur gebruik word as hulpmiddel aan onderwysers en is baie handig.


 

Voordele
Ek kan myself indink hoe die leerders met hul selfone of tablets in my klas sit en ek hul vra om die app te gebruik. Hul kan bv. na “Parts of Speech” gaan en kyk na die verduideliking van “adjectives” in plaas daarvan dat ek dit op ‘n powerpoint wys of op die bord skryf. Indien die les afgehandel is, kan leerders ‘n vinnige toetsie op hul selfoon/tablet skryf oor “adjectives.”


Moontlike Uitdagings
Eerstens hang dit af tot watter tegnologie daar toegang is. Die app werk op selfone en tablets. Indien leerders bv. tablets van die skool moet deel tussen twee, sal dit werk om verduidelikings te kyk, maar wanneer die toetse geskryf word, sal elke leerder sy eie een moet doen, verkieslik op sy eie selfoon of tablet, omdat die resultate gestoor word.Die taalgebruik in sommige van die sinne is bietjie moeilik, maar dit sal afhang van die leerders en die bootstelling wat hul het tot Engels. Die app het advertensies en pos-ups wat aandag aftrek. Ek vind egter dat die waarde van die app die irriterende advertensies werd is. Die advertensies kan egter afgestel word deur te betaal vir die app, maar soos is, kan dit verniet gebruik word.



Ek deel ook graag van die oulike Apps wat deur my kollegas gevind is. Volg Alicea Kritzinger by http://akritz.blogspot.com/. Sy het haar kommentaar geskryf oor die 6th Grade Learning Games App. Chani Blom het weer haar kommmentaar gegee oor Class Dojo App by haar blog http://colourmewise.blogspot.com/. Gaan lees gerus.